Wanneer sewe neefs die leisels van ’n 133 jaar oue familieboerdery oorneem, gebeur dit nie toevallig nie. By Dutoit, een van Suid-Afrika se grootste varsprodukte-ondernemings, was die oorgang van die vierde na die vyfde geslag die gevolg van jare se beplanning, gesprekke en moeilike besluite. Gys du Toit sr., wat die afgelope 50 jaar ’n sleutelrol in die onderneming gespeel het, vertel oor die beginsels wat volgens hom die verskil maak tussen familieboerderye wat floreer en dié wat verbrokkel.